Woorde : Aan U Voete
1. Ek het U lief, o Heer
Ek het U lief, o Heer
U is my hartsverlange, Here
U`t my gekry, van sonde bevry
U is die Koning van my hart
Ek het U lief, o Heer
U is my eerste ware liefde
Na soveel jaar, is dit steeds waar
Ek het U lief, o Heer
2. God’s Home
CHOIR:
Jesus is never so far off
As even to be near
He is within, He is within
My spirit is the home that He holds most dear
Your are King, reign in me
Make my heart your throne
Reign in me
Your are King, reign in me
Make my heart your home
Dwell within
CHOIR
Me in You, You in me
I give my all to Thee whole heartedly
Me in You, You in me
An eternal unity
I love You
3. Deur en deur
Diep, diep hier binne my
Sien ek dit raak
Koud, hard, `n stukkie swart
Skuil hier in my hart
Gee my `n hart van vleis
Maak nuut my gees
Breek oop, breek dit uit
U kan my genees
KOOR:
Eina Heer, dit was seer
Maar U weet meer, U`s die regte keuse
Hier`s ek Heer, U ken my deur en deur
Diep, diep hier binne my
Raak U my aan
Loof, loof, loof die Heer!
U het my genees
KOOR
Dankie Heer, U regeer
U weet meer, U`s die regte keuse
Hier`s ek Heer, U ken my deur en deur
Deur en deur, deur en deur, my Heer
4. Vrede
Ag, nog `n dag
Storms woed hier in en rondom my
Gee vir my U vrede
Onuitspreeklik, heerlik
Vrede, Heer
KOOR:
Vrede, heel my wese smag ek na U vrede
Midde in die mallemeule
Vrede, dis net by U, By U
Vrede, altyd binne in my, om my
Vrede, soek dit, kry dit, jaag dit na
Vrede, dis net by U
Kniel, buig voor hom neer
Le jou alles voor Sy voete neer
Hy verstaan jou wese
Onspreeklik vrede sal Hy gee
5. Ek is niks… U is God
Ek is niks … U is God
Ek moet buig as ek voor U kom
Dis net genade dat ek hier mag staan
Voor U troon en opkyk na bo
KOOR
Want U is heilig, waardig, die enigste God
Verlosser, die Lam en die Rots
Jesus, my Koning en Heer
Halleluja, loof die Heer
Halleluja, bring Hom die eer
Halleluja, almal sing saam
Halleluja, maak groot Sy naam
6. Die Wapenrusting
Trek die wapenrusting aan wat God jou gee
Ons stryd is nie teen vlees en bloed maar satansmag
Trek daarom dit aan sodat jy weerstand kan bied
In die dag van onheil, onheil!
KOOR:
Op jou pos, op jou pos, bly op jou pos
Soek jou krag in jou God en in Sy mag
Op jou pos, op jou pos, bly op jou pos
Soek jou krag in jou God en in Sy groot mag
Doen dit alles biddend en trek aan, trek aan
Smeek God deur die Gees en wees toegerus
Met waarheid, met vryspraak, bereidheid om te gaan
Geloof, verlossing, die Woord
KOOR:
BRUG:
Soveel dinge wat jou bruikbaarheid wil steel
Soveel dinge wat wil keer
Staan die duiwel tee en hy sal vlug
Kyk na Jesus, rig jou oog op Hom
7. Opstandingslied
Daar was `n kruis ons – Heer het bewys
Vir ons het Hy waarlik lief
Daar is dit volbring, die bose is oorwin
Vir ons sonde het Hy gesterf
KOOR
Hy het opgestaan en Hy leef
Die Heer het waarlik opgestaan
Hy het opgestaan, die dood is oorwin
Die weg is vir ons gebaan
Daar by die kruis is die uiterste prys
Deur Sy kosbare bloed betaal
Daar het Hy gely en versoening verkry
Vir ons is oorwinning behaal
8. Die Liefde
Al praat ek tale van engele
Al preek ek God se Woord
Maar ek`t geen liefde
Baat dit my niks
Ken ek geheime, het kennis
Het ek geloof wat wys
Maar ek`t geen liefde
Baat dit my niks
KOOR:
Laat ons liefhe, net soos U lief het
Wie in liefde bly, bly in Hom
Laat ons liefhe, want God is liefde
Laat U Naam verheerlik word deur ons liefde
Liefde is geduldig en vriend`lik
Is nie jaloers of arrogant
Dit is ordentlik
En nie vol eie belang
Iemand met liefde is nie liggeraak
Hy hou nie boek van kwaad
Verbly hom nie oor onreg
Verheug hom oor die waarheid
9. Sing Halleluja
When a child of God looks into the Word of God
He sees the Son of God and is changed by the Spirit of God
Into the image of God, unto the glory of God
Glory of God, glory of God
CHOIR:
Let all that`s within me sing halleluja
Let all of creation sing praise to His name
All glory to God, halleluja
Come lift up your voices
Sing halleluja!
Halleluja, halleluja
Halleluja, halleluja
Bow before Him, He`s on his throne
Glory to God, glory to God
10. Aan U Voete
Jesus Heer, U ken my, U weet wie ek is
Al my pyn en vrese le oop voor U
My begeerte, Jesus, is om U werklik te ken en lief te he
My beste vriend, Redder en Heer
KOOR:
Jesus, Jesus, my hart roep uit
Hier aan U voete wil ek bly
Jesus, Jesus, my hart roep luid
Ek wil vir ewig bly hier aan U sy
Jesus Heer, my sonde is `n muur tussen ons
Dit ontneem my vreugde, my vrede met U
Kom vergewe, Jesus, was my skoon met U kosbare bloed
Ek roep U aan, Heiland en Heer
11. Loof, loof die Here
KOOR:
Loof, loof die Here
Bring, bring Hom ere
Buig, buig nou voor Hom
Juig, loof die Heer x2
Jesus is ons Koning
Hy heers en regeer
Hy sit op Sy hemeltroon
En Hy triomfeer
KOOR
Jesus, Hy is Koning
Hy heers tot in ewigheid
KOOR
Loof, loof die Heer
Buig, buig voor Hom neer
Kom almal, kom nader
Loof, loof die Heer
12. Waar jou voete jou neem
Aftree, verandering, die wye wereld in
Wat hou die toekoms vir jou in
Weet net, Jesus leef, Hy`t nog altyd voorsien
En Hy verander nooit van kleur
KOOR:
Waar jou voete jou neem
Waar jou hart jou laat gaan
Mag die Heer voor jou uittrek en jou seen
Waar die wiele mag rol
Waar die winde heen tol
Mag die Here bepaal waar jy sal gaan
Oud word, onsekerheid
Die jare snel verby
Was dit als die moeite werd
Weet net, Jesus leef, Hy is altyd in beheer
Hy hou jou beloning geree<
13. Jabes se gebed
Stort U seen op my uit
Vergroot my grondgebied
Neem my onder U beskerming
Weerhou onheil ver weg
Vra net en jy sal kry van my
Soek net en jy sal vind my kind
Klop net, deure word oopgemaak
Die Vader gee aan Hom wat vra
Stort U seen op ons uit
Vergroot ons grondgebied
Neem ons onder U beskerming
Weerhou onheil ver weg
Vra net en jy sal kry van my
Soek net en jy sal vind my kind
Klop net, deure word oopgemaak
Die Vader gee aan Hom wat vra
En jy sal kry van my
En jy sal vind my kind
Deure word oopgemaak
Die Vader gee aan Hom wat vra
En jy sal kry
En jy sal vind
Deure gaan oop
Die Vader gee aan Hom wat vra