Woorde – In U Teenwoordigheid
1. O KON EK JUBEL HEMELVADER
Komposisie: Marieke
Woorde: Liedboek 196
Haleluja Amen, Amen Haleluja
Haleluja Amen, Amen Haleluja
O kon ek jubel Hemelvader, Met duisend stemme U eer
Hoe sou ek juigend tot U nader, En U my danklied bring
Ek sou U roem en lof vermeld, U wonderdade ongeteld
Ek sou U roem en lof vermeld, U wonderdade ongeteld
O kon ek U besing na waarde, tot waar die son sy baan beskryf
En sterre, ver bokant die aarde, U heerlikheid vermeld
O kon ek tog U lof besing, wat ek so graag aan U wil bring
O kon ek tog U lof besing, wat ek so graag aan U wil bring
Haleluja Amen, Amen Haleluja
Haleluja Amen, Amen Haleluja
Laat alles wat op aarde lewe – die berge, bosse en see
My onvolkome lof en bede, in stilte aanvul – U eer
Saam sal ons oor U goedheid juig, aan U ons dankbaarheid getuig
Saam sal ons oor U goedheid juig, aan U ons dankbaarheid getuig
2. IN U TEENWOORDIGHEID
Komposisie: Marieke
Woorde: Elsa Botha
Verfrissend, skoon en rein, my God
Is U asem wat oor my spoel
Rein aroma uit die ewigheid
Wat my siel kan vind, wat my gees kan voel
En ek weet, ek weet …
Elke seer, elke vraag, elke onverstaanbaarheid
Elke pyn, hoe vel, hoe vaag
Verdwyn soos niks
In U teenwoordigheid, verdwyn soos niks
In U teenwoordigheid, verdwyn soos niks
In U teenwoordigheid, teenwoordigheid
My siel, o menslik siel versmelt
In druppels van verwondering
Oor die krag van U barmhartigheid
Wat vertroosting gee, wat genesing bring
En ek weet, ja ek weet, ek weet, ek weet …
Elke seer, elke vraag, elke onverstaanbaarheid
Elke pyn, hoe vel, hoe vaag
Verdwyn soos niks
3. DAT EK U MEER MAG KEN
Komposisie: Marieke
Woorde: Elsa Botha
Ek kniel voor U neer, ewige Heer
My siel versmag, ek roep uit die stof
Hoor my as ek pleit
Koor:
Dat ek U meer mag ken, iets van U mag ervaar
Wat U aan my wil openbaar.
Ietsie van U kan sien, dit mag ervaar
Wat U aan my wil wys.
Ek kniel voor U neer, Christus, my Heer
Dankbaar vir U bloed aan die kruis
Biddend vra ek U.
KOOR
Wanneer alles verdwyn
Die sterre, die son nie meer skyn
Dan sal ek steeds by U wees,
Ewig by U wees
KOOR
4. NAAM BO ALLE NAME
Komposisie: Marieke
Woorde: Fil. 2 / Psalm 16
Naam bo alle name, Jesus, onse Heer
Ons roep uit: “Jesus Christus is Koning!”
Tot eer van die Vader.
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig bring
Ek sal Hom loof
Selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer
Ek sal U loof
U is my lewe, U sorg vir my.
Elke knie sal buig, elke tong bely.
Brug:
U is die Een wat weer sal kom
In krag en in majesteit.
Die hemel sal skeur en ons sal sien
Ons sal U sien!
5. HOE GROOT IS U
Komposisie: Marieke
Woorde: Elsa Botha
Christus, my Jesus, hoe groot is U
U vul die heelal in heerlikheid
Groot is U Naam en heilig, Jesus
U is my Heer en my God
Jesus, ek vind U in elke blom
Ek sien U in sterre, maan en son
Ek beleef U in donkerste nagte
Ek voel U in die krag van die wind
KOOR:
Ek buig nou voor U in aanbidding neer
Ek hef my hande na bo
Mag die lied van my mond vir U wees
‘n Offer van lof aan U, Heer
Hoe groot is U, hoe groot is U
Want deur die skepping klink dit saam
U is groot!
Jesus, my Here, hoe groot is U
Ek wat so nietig is mag kom vra:
Vul nou volkome my hart en denke
Ek wil U so graag behaag
KOOR
6. GEWILLIG
Komposisie & woorde: Marieke
Ek wil wees, gewillig, gewillig wees
Ek wil vir U wees, gewillig wees
Ek wil nie voorgee om volmaak te wees
Ek weet uit my self is ek niks, is ek niks
Net U wat nuut maak herskep my as mens
Fokus so my lewe op U as my Heer!
Neem my hand, want sonder U, is ek niks, ja niks x2
Ek wil wees, gewillig, gewillig wees
Ek wil vir U wees, gewillig wees
7. FAITHFUL SERVANT
Composition: Marieke
Words: The Gospel acc. to Luke
(Song for Lientjie)
Faithful servant – rejoyce in Him
For your name is written in heaven
Rejoyce in Him
Faithful servant – trust in Him
For those who are last will be first
Trust in Him
Where your treasure is, your heart will be
Overflowing of what is within
So take up your cross, daily
And follow Him
Serve Him with all your heart
Faithful servant – be alert
Dressed ready to serve the Lord
Be alert
Faithful servant – He is faithful
It will be good for those servants who’s watching
When He returns
He is faithful
Faithful
He is faithful
8. VREEMDELING
Komposisie & woorde: Marieke
U is my Vader, die Koning
Deur U genade is ek U kind
‘n Vreemdeling hier op die aarde
Ek is oppad na my hemelse huis
U is my hele lewe, my hart se strewe
My alles, alles vir U!
Met my doen en late, wil ek, o Vader
U altyd eer, o Heer!
Want U is groot, oneindig groot
U almag strek oor die aarde
Groot, oneindig groot,
U skepping buig voor U neer
‘n Vreemdeling hier op die aarde
Ek is oppad na my Vader se huis
9. SOOS U
Komposisie & woorde: Marieke
KOOR:
Daar is niks op die aarde soos U
Daar is niemand wat bestaan soos Jesus
Waarom sal ek dan nie vir U leef nie
Sal ek nie sout of lig wees nie
Here, wees vir my, wees vir my as sondaar
Heer wees my genadig, vergewe my
Vra genade
Sterwe aan myself
U te volg
KOOR
Here, U’s vir my, U’s soos helder sonskyn
Breek deur hierdie donker en skyn oor my
KOOR
10. YOU ARE MY GOD
Composition and words: Marieke
Lord, I come before You
Bow unto Your throne
Bless me with Your presence
Hear my song of praise
I am here to seek You
Fill me with Yourself
Teach me how to worship
Praise Your holy Name
For You are worthy, Abba Father
Jesus, Holy Spirit
I want to love You, honour and praise You
You are my God and I love You so!
11. U KEN MY
Komposisie: Marieke
Woorde: Elsa Botha
Here, U sien dwarsdeur my
Al my eksentrisiteite
Groot misterie van myself
Geskep deur U, geken deur U
My gedagtes lê oop voor U
Elke pad klaar beplan
U ken my werk en ook my rus
U weet my woord nog voor ek kan
KOOR:
U ken my, geskep deur U, geken deur U
U ken my, geken deur U
U vou my toe aan alle kante
U regterhand die hou my vas
My mensevorm, so wonderlik
In uterus knus ingepas
KOOR
Deurgrond my Heer, deursoek my gees
Verwyder dit wat U nie wil
Dat ek kan weet wie ek werklik is
In U oë hoe ek moet wees
KOOR
12. LIVE IN ME
Composition and words: Marieke
Still, on my knees
Giving control over to You
Giving my heart, my will, desires
I give control over to You
For You are God, Mighty Creator
I give my all, submit to Your authority
Jesus, Mighty Jesus
You are my Shepherd, Saviour, Jesus
Send Your Spirit, o God
To walk with me
Live in Your fullness in me
Live in me, Lord Jesus
Come Holy Spirit, come live in me
Show me Your ways
That I may walk in Your light
Your are the Way, the Truth, the Life
I want to walk in Your light
For You are God, Mighty Creator
I give my all, submit to Your authority
Jesus, Mighty Jesus
You are my Shepherd, Saviour, Jesus
Send Your Spirit, o God
To walk with me
Live in Your fullness in me
Live in me, Lord Jesus
Come Holy Spirit, come live in me
13. LOVE
Composition and words: Marieke
Love, Jesus, Your love
You stowed upon us Your wonderful love
With compassion You walk upon the earth
And showed us Your beautiful love
Love, the story of love
The tale of unconditional love
How you suffered and died on the cross for us
You gave Your life out of love
CHORUS:
Love, wonderful love
Love, beautiful love
You came and showed us
Your wonderful, beautiful love
Jesus You showed us
Your wonderful, beautiful love
Love, behold His love
With awe and wonder, behold His love
So with compassion we too can walk this earth
Reflecting His beautiful love
CHORUS